Die Real Housewives met Lizz Meiring - Aardklop 3 Oct 2026
📅 3 Oct 2026
🕗 19:30 – 20:30
📍 Plek
POK (C6) - NWU Kampus
Potchefstroom
Noordwes
Potchefstroom
Noordwes
🎟️ Kaartjies byAardklop
Kaartjiepryse
| Vooraf | R 220.00 |
| By Deur | R 240.00 |
| Hartsvriende | R 200.00 |
Besonderhede
Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV-program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Nog steeds, wêreldwyd, word reekse van The Real Housewives uitgesaai. Maar wie is nou eintlik die “real housewife”?
Lizz Meiring skep so ’n fiktiewe karakter. Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans-trop beskou. Jy gaan heerlik lag, kopskud en dalk net iets van jouself of ’n ander vrou na aan jou herken.
Hier word oor alles en nog wat kommentaar gelewer en ook vlymskerp die draak gesteek met die era van “realiteitstelevisiesterre”. Dis verrassend, eietyds, warmhartig en baie vermaaklik.
Met: Lizz Meiring
Teks, regie en stelontwerp: Lizz Meiring
Beligtingsontwerp: Yvette Hanekom
Kostuumontwerp: Hollywood Costumes
Verhoogbestuurder: Yvette Hanekom
Vervaardiger: Artist Warehouse CC
Produksiebestuurder: Nelius Ferreira