← Gebeure & Vertonings

Molly en Wors kom ATKV Natalia Oord, KZN toe

Molly en Wors kom ATKV Natalia Oord, KZN toe

📅 5 Sep 2026 🕗 14:00 – 15:00
📍 Plek ATKV Natalia Oord
35 Elizabeth Ave
Winkelspruit, Kingsburgh
KwaZulu-Natal
👤 Organiseerder ATKV Natalia Oord
🎟️ Kaartjies byThe Masked Theatre

Kaartjiepryse

AdultsR 150.00
PensionersR 120.00
ChildrenR 90.00
Bespreek kaartjies ↗

Besonderhede

ONTHOU OM JOU KAARTJIES BYDERHAND TE HE VIR DIE HEKKE – GEEN KAARTJIE GEEN TOEGANG

SITPLEK BESPREKINGS BESKIKBAAR ONDER

Molly en Wors – Die verhoogstuk
Met Willie Esterhuizen en Lizz Meiring

Na jare se smeek en pleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug! Diè keer op die verhoog!
Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie dit kan doen. En die tema: Die Geheim van ‘n gelukkige huwelik – is ‘n geheim.
Kom knik kop met herkenning van hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie Esterhuizen se werk, is dit humor met hart. Heerlik snaaks, voelgoed, maar ook verrassend en warmhartig. Saam met Lizz Meiring as Molly, vorm hulle ‘n gedugte span en die vonke spat.

Ouer begeleiding vir kinders onder 14 – enkele kru taal( soos die wat grootmense om ‘n braaivleisvuur praat)

Veilige parkering!

Kontantkroeg en Kos beskikbaar!

Vertonings tydperk: 60 Minute en geen pouse nie
Taal: Afrikaans